Voorblad:
Voorblad Nuus Gemeente Gemeente In Aksie Kontak Ons
NG KERK MONTANA
DRAERS van HOOP met DEERNIS
Afkondigings Maandprogram e-Woorddraer Webblad Nuus Kerkkantoor Fotos Behoeftes Skakels
Gemeente Logo NUCONNECT

NUCONNECT

DIE INVLOED WAT EK OP ANDER SAL HÊ

Elke mens se lewe het ‘n bepalende invloed op ander - dit wat jy is of nie is nie, sê of nie sê nie, uitleef of nie uitleef nie, kring altyd wyer uit.

Daar is groot figure in die geskiedenis wie se name deur die eeue onthou word, omdat hulle invloed in 'n sekere sin nog steeds onder ons deurwerk - ten goede of ten kwade. Ons moet egter nooit die invloed wat elkeen van ons op ander het, onderskat nie. Ons invloed kan meer lig in ander mense se lewe bring, of die wêreld vir ander 'n donkerder plek maak. Daarom moet ons die beste maak van elke geleentheid, sê Paulus in Efesiërs 5:15.

Die EEN Seun van God wat gekruisig is en opgestaan het, bring in ons lewe die lig. Hy verander duisternis in lig, sodat mense wat vroeër die ene duisternis was, nou in die Here lig kan wees. Mense kan die lig van Jesus weerkaats. Uit die lig kom voort wat goed en reg is. Mense van die lig vra voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is of nie. Mag ons in hierdie tyd die geleenthede gebruik dat deur ons invloed die wêreld ‘n plek van meer lig en dié Lig sal wees.

Dr. Marius Johnson
FOKUS OP DIE KLEUTERKERK

Die kleuters gaan in 2012 “Groeigoggas” wees.  Die lesreeks is gebasseer op die groen bladsy van die Woordlose-boekie wat handel oor geestelike groei.  Hierdie jaar gaan die kleuters God beter leer ken.  Bring gerus jou 2-6 jarige om saam met ons te kom leer hoe ‘n mens liewer en liewer vir God kan word!

Die kleuterkerk word gehou in Le Gatte. Dit is die lokaal aan die noordelike kant van die saal met die trappe af.

Bring gerus u kleuters om die Boodskap op hulle vlak te ervaar.  Yolande nooi ook belangstellende mammas om met haar te skakel indien u hulp kan verleen (Yolande 082 565 5085).

NG MONTANA WEBBLAD

Baie welkom by die webblad van die gemeente. Ons het gedurende die afgelope week meer as 800 besoekers op die webblad gehad. Ons vertrou dat die inligting en nuusbrokkies nuttig is. Dankie ook vir die terugvoer wat ons gekry het.

Stuur enige voorstelle of kommentaar na web@ngmontana.co.za.