Voorblad:
Voorblad Nuus Gemeente Gemeente In Aksie Kontak Ons
NG KERK MONTANA
DRAERS van HOOP met DEERNIS
Afkondigings Maandprogram e-Woorddraer Webblad Nuus Kerkkantoor Foto Gallery Behoeftes Skakels
Gemeente Logo NUCONNECT

NUCONNECT

GEESTELIKE BRILLE
Ek lees van ‘n soort blindemol wat sy hele lewe nie kan sien nie, maar waarvan die oë oopgaan net voor hy sterwe. Baie mense gaan dood sonder dat hul oë geestelik ooit oopgaan.
Mense se oë is soms toe vir verskeie redes bv.:
Vrees en mismoedigheid wanneer die vyand jou omsingel
Geestelike louheid
Geestelike blindheid vir God se Woord
Geestelike blindheid vir wie ons in Jesus is

Kom ons lees:
Efes. 1:18 – Sien dat jy ‘n erfdeel het en erfgenaam in Jesus is.
Ps. 119:18 – Open my oë, dat ek die wonders van U Woord kan sien.
Openb. 3:18: Die Here sê in die lou gemeente om salf te koop vir hul oë en hul oë te salf sodat hul kan sien.
2 Kon. 6:17: Elisa se dienskneg moes in die Gees die hemelse leermag rondom hul sien.

GEBED:
Here open die oë van my gees sodat ek U kan sien, waarlik kan sien, sodat ek myself as U kind kan eien. U Woord kan verstaan en lees. Warm van hart vol passie vir U leef, en nie deur die vyand om my geïntimideer word nie.
Amen.

Ds Bennie Powell
NG MONTANA WEBBLAD

Stuur enige voorstelle, kommentaar en bydraes vir die webblad na
web@ngmontana.co.za.
Gemeente  Naweek
24 tot 26 Februarie 2012

Tema: “God in die natuur en in die diereryk”
Gasspreker: Ds Danie van der Watt



Kliek hier vir 
volledige Program
Gemeente  Naweek
24 tot 26 Februarie 2012

Tema: “God in die natuur en in die diereryk”
Gasspreker: Ds Danie van der Watt



Kliek hier vir
volledige Program

Goue Are Kenmekaar

Goue Are Kenmekaar JEUG

Kliek om by te bly...