JEUG EN JONGMENSE
Dagsê aan die ouers van ons jongmense van Gr 1 tot Gr 12!

Ons hier by die kerk ervaar net soos julle die frustrasie van die onpersoonlike kontak via rekenaars, selfoonskerms en sommer net die verlies aan mense!

Ons jongmense (dis nou julle kinders!) het dit duidelik deur ons kategete en die Jeugspan gekommunikeer dat hulle so graag net op ‘n persoonlike vlak wil kontak hê en …

Ons het by die skole geleer en beoog dus om vanaf Sondag 20 September te begin met ‘n jeugdiens vir Ignite (gr 1-6) om 09:00 – 10:00 en vir Tightly Bound (Gr 7-9) en die Belydenisfase (Gr 10 en 11) om 17:00 – 18:00. Die kerksaal is vir beide hierdie geleenthede voorberei.
Maar …
Ons het nog altyd gesê dat ons van die kerk se kant af eintlik julle vennote is in die geestelike geloofsvorming van julle kinders en daarom benodig ons julle insette en wil graag ook met julle kante te raak! 

Ons stuur dus vir julle ‘n volledige dokument rakende ons plan, program, regulasies, hoe, wat, waar, wanneer ensomeer. Kontak ons gerus enige tyd indien u enige vrae het!

Die dokumente is as volg:

Ignite 

Tightly bound

Covid Vraelys vir Albei Groepe


Ons vertrou dat as verantwoordelike ouers u die dokumente deeglik sal deurgaan en dan asseblief aan ons ‘n aanduiding sal gee of u daarmee tevrede is en u kind(ers) op ‘n Sondag sal bring.

BEGRAFNISSE 
Dit is vir ons ‘n voorreg om weer ons kerkgebou beskikbaar te stel vir begrafnisse. Ons weet dat met die verlies van ‘n geliefde daar baie hartseer en emosionele seer is en ons wil graag aan elkeen wat ‘n geliefde verloor het, die beste ondersteuning bied.

 Dit is egter so dat ons aan streng regulasies moet voldoen wanneer ‘n begrafnis in die kerk gehou word.

 Wanneer u die kerk vir ‘n begrafnis bespreek, sal hierdie regulasies aan u verduidelk word. Ons vertrou dat elkeen sal saamwerk sodat ons steeds op die mees gepaste en respekvolle manier ons geliefdes se lewens kan vier en troos by die Here kan kom soek.