Die Ondersteunings bestuursgroep is verantwoordelik vir die oorhoofse koördinering van en beheer oor alle ondersteuningsdienste in die gemeente. Die voorsitters en onder-voorsitters van die onderskeie diensgroepe wat onder hierdie bestuursgroep resorteer, maak deel uit van die samestelling van die bestuursgroep en hou op ‘n kwartaallikse basis gestruktureerde vergaderings, waarna verslag gedoen word aan die Gemeenteraad oor sy werksaamhede.