NUCONNECT
Die CHRISTUS MONOGRAM:
“” is ons “P” nl. Die KRUIS.
Die MENSE FIGURE dui op die “DRAERS van HOOP met DEERNIS” - simboliseer die GEMEENTE
Die HALO of STRALEKRANS dui op die GODDELIKHEID, HEILIGHEID en MORELE VOORTREFLIKHEID.
Die GROEN kleur dui op Christus se koms, ‘n hemelse paradys en ‘n nuwe lewe.
Die BLOU dui op die HEMEL en WAARHEID.
NG KERK MONTANA
DRAERS VAN HOOP MET DEERNIS
Ons Roeping
God wil hê dat ons in alle omstandighede voluit sal lewe – die bron daarvan
is God en sy geopenbaarde insigte; dat ons glo daarom dat God ons roep om ‘n passie
vir dié lewe te hê.
Ons strewe is om
In alles wat ons doen, op ons eie sowel as saam met ander, hierdie
roeping om voluit te leef onder alle omstandigede waar te maak.
Mekaar en ook ander mense te help om in gesonde, helende, opbouende en bevrydende verhoudings met God, hulleself en hulle medemens te leef.
Op praktiese en sigbare maniere vreugde daarin te vind om oral in die wêreld, in elke verhouding, aan die Koninkryk van God gestalte te gee.