NUCONNECT:
Voorblad Nuus Gemeente Gemeente In Aksie Kontak Ons
NG KERK MONTANA
DRAERS van HOOP met DEERNIS
Afkondigings Maandprogram e-Woorddraer Webblad Nuus Kerkkantoor Foto Gallery Behoeftes Skakels
Gemeente Logo NUCONNECT

NUCONNECT

Nuconnect


Nuconnect is ʼn vinnige snelpos stelsel waarmee die Gemeentelid en die Kerkkantoor, Diensgroep en Bestuursgroep Voorsitters onderling en met mekaar kan kommunikeer.


Die stelsel kos u niks en u hoef niks op u rekenaar af te laai nie.


Indien die kerkkantoor reeds oor u e-posadres beskik, is u besonderhede reeds op die stelsel gelaai en berus die besluit by u of u daaraan wil deelneem of nie. Indien u wel gaan deelneem, is daar ʼn paar dinge wat u moet onthou.


ʼn E-posadres mag net deur één persoon gebruik word vir ʼn tweede persoon weier die stelsel daardie adres.

U gaan ook ʼn unieke “password” kry.


U besonderhede bly egter totdat u dit self vervreem geheim en slegs u en die Gemeente se eiendom, Nuconnect sal dit nie aan ander instansies vervreem nie.


As u die uitnodiging e-pos ontvang en u kliek om dit te aanvaar, is daar inligting wat u moet verifieer en besonderhede wat u moet verskaf asook keuses wat u self moet uitoefen. So ook kan u die uitnodiging afwys en ons doe inlig.


Daar is ʼn ‘pop-up’( Hierdie enetjie bo-aan die bladsy) wat op u rekenaarskerm gaan weerskyn as daar boodskappe is en deur daarop te kliek, sal dit u na u web rekening en boodskap lei. U kan egter ook kies dat die ‘pop-up’ nie  op u skerm moet verskyn nie en sal u dan net ʼn kennisgewing van sulke pos d.m.v. ʼn e-pos kry.  Andersins sal die boodskap per gewone e-pos aan u gestuur word.


Kliek op Icon vir automatiese konneksie.