NUCONNECT
|
Leraars | |
|
Dr. Marius Johnson Harmsingel 374 Sinoville 0182 Tel: 012 567 5496 Sel: 082 376 6448 E-pos: mwmarjohns@mweb.co.za |
|
|
| |
|
|
|
|
Ds. Bennie Powell Veronicaweg 300 Montana 0182 Tel: 012 548 0016 Sel: 082 305 4444 E-pos: riana@ngmontana.co.za | |
|
Ds. Bennie Powell is sederd 2006 by die gemeente betrokke. Hy was voorheen vir drie jaar by die Wonderboom-Suid gemeente en vir tien jaar by die Villieria gemeente. Daarna het hy die beroep aanvaar om sy bediening in Montana voort te sit. Ds Bennie is betrokke by die volgende bedieninge in die gemeente: Uitreik; Leierskap; Aanbidding en die Jeug. Verder verteenwoordig hy die gemeente op Ring en Sinodale vlak en is ook die voorsitter van die Predikanteversorging in die Ring van Wonderboom. Hy is getroud met Estie, ‘n bemarker en hulle het twee kinders, Benjamin en Anschke. Hy geniet die natuur en speel daarom ook graag gholf. | |
|
|
|
|
Ds. Johan Scholtz Tel: 012 548 0023 Sel: 082 641 5983 E-pos: jwks@mweb.co.za |
|
|
Ds Johan Scholtz is vir die afgelope 14 jaar deel van die bedieningspan in die gemeente. Montana is sy derde standplaas na die SANW as staandemag kapelaan en toe Louwsburg in Noord-Natal. Ds Johan is die leraar verantwoordelik vir Jeugsake en het ‘n passie vir die bediening aan tieners. Hy is ook oorhoofs verantwoordelik vir die hele Tegniese en elektroniese bediening in die gemeente. Hy is ook betrokke by Aanbidding, musiekbediening en leierskap. Hy is getroud met Carina en tussen hulle het hulle 5 kinders: Sulindi (29), Lize (24), Renate (19), Simon (16) en Anke (14). Carina is al vir die afgelope 23 jaar betrokke as Rekeningkunde onderwyser by Hoërskool Montana. Ds Johan is gek oor motors en hulle binnekante en daarom is hy in sy vrye tyd gewoonlik êrens onder ‘n motor besig of besig om ‘n enjin te herstel. Hoe hy sy hande voor kerk skoonkry, is egter ‘n geheim! | |
|
|
|
|
Ds. Paul Lübbe Villa Lucia 6 Kaneelbaslaan 175 Wonderboom Tel: 012 567 6878 Sel: 082 776 0851 E-pos: jpahml@gmail.com | |
|
Ds Paul Lübbe is sedert Augustus 2006 betrokke by Montana gemeente. Hy is verantwoordelik vir die Montana -, Zambesi- en Twee Riviere Aftree-oorde. Sy take in die oorde behels die pastorale bediening van die senior lidmate. Behalwe gewone huisbesoek, sieke- en hospitaalbesoek en uiteraard begrafnisse, lei hy ook op ‘n maandelikse basis eredienste in die drie oorde, asook by geleentheid in die gemeente. Hy bied ook Bybelstudies aan in die aftree-oorde. Ds Lübbe het ‘n besondere empatie met ouer persone en dit bly vir hom ‘n voorreg om hulle te ondersteun. Hy is getroud met Rika en die egpaar het drie kinders: Joachim, Marita en Pieter. | |